Yesterday and tomorrow make you ill

The human mind has an enormous influence on a person’s wellbeing.  Through the years it became clear to me that there are especially two aspects that have a determining influence on a person’s mind and body: yesterday and tomorrow.

Yesterday is the past.  Many people carry a lot of baggage from the past on their backs.  Quite often it is experiences from childhood that influenced them negatively.  Sometimes it was lack of love from parents or a lack of attention that resulted in a weak or distorted self-image.  That can cause the subconscious mind to send a message which leads to a condition where the body attackts itself – an auto-immune disease.  In the same way bitterness or a grudge against someone which is supressed by the subconscious can have a detrimental effect on the body and its functioning.  There might be guilt feelings which were not taken care of; it can also negatively affect the body.

Tomorrow is the future.  Many people live in the future – they are anxious or worried.  They are afraid of what the future holds regarding their personal finances or their health, specially in the senior years; they worry over their children or grand children; they worry about our country’s future or the possibility of another world war … All of these have a tremendous negative effect on our minds as well as our bodies.  It causes stress which in the long run can lead to different diseases.

Yesterday does not exist anymore.  Tomorrow has not arrived yet.  So easily we allow our lives to be ruled by things that do not exist!  All that we have is today.  There is so much beauty around us which we seldom really see … there are so many opportunities that we miss … because we focus on yesterday or tomorrow.  We must live today and finish off the past by forgiving others, forgiving ourselves and accepting forgiveness.  We must come to rest in Someone who has been in the future: our heavenly Father.  He said that his name is “I am”.  He lives in the present; his time is always NOW and He invites us to live in the present with Him.

Die “wonderpil”

Die moderne wêreld is bekend vir sy materialistiese siening van tyd: “tyd is geld”.  Dit het ‘n groot invloed op die lewenstempo van elke dag  – alles moet met haas gedoen word want anders mors ‘n mens tyd.  Kortpaaie word vir alles uitgedink.  Wanneer mense siek is, skryf die dokters medikasie voor wat die probleem vinnig aanspreek en die simptome dadelik wegneem – geen tyd mag verlore gaan nie.

Verder wil mense nie pyn of ongemak verduur nie.  Farmaseutiese en mediese navorsing soek ywerig na wondermedisynes vir die genesing van ondermeer die groot bedreigings soos kanker, vigs, diabetes en hartaanvalle.

Die goeie nuus is dat daar baie en effektiewe medisynes gedurende die afgelope eeu ontdek en gemaak is – baie pyn en lyding is daardeur verlig en daarvoor kan ons net dankbaar wees.  Dit is byvoorbeeld vir my ondenkbaar om ‘n tand te laat trek sonder die moderne verdowingsmiddels en pynstillers.
Die slegte nuus is dat hierdie kitsmedikasie nie regtig genees nie maar slegs die simptome verlig.  Dit is net die ingeskape genesingskrag in die liggaam wat werklike genesing kan teweegbring.  Die meeste medisynes het gevaarlike newe-effekte en behoort slegs in ernstige situasies en dan vir ‘n beperkte tyd gebruik te word.  In plaas daarvan om die liggaam te genees, plaas medisynes dikwels ‘n groter las op die liggaam wat juis werklike genesing kan teëwerk;  ons moet besef dat die oorgrote deel van medisynes chemies van aard is en daarom vreemde elemente vir die liggaam.

Hoe kan ons werklike genesing beleef?  Ten eerste is dit nodig dat persepsies moet verander.  Ons moet besef:

  • dit is nie ‘n liggaam wat genesing nodig het nie maar ‘n persoon – daar moet ‘n holistiese benadering wees;
  • niemand kan regtig in alle aspekte van die lewe gesond wees nie want dan was so-iemand volmaak;
  • genesing is ‘n lewenslange proses wat nooit eindig nie maar wat kan lei tot geweldige groei in lewenskwaliteit;
  • genesing van ‘n bepaalde probleem neem tyd want die liggaam moet sigself herstel en triljoene nuwe selle vorm.  Om dit te kan doen, moet die liggaam van die beste roumateriaal voorsien word soos vars lug, suiwer water, voedsame kos en ‘n positiewe ingesteldheid met positiewe denke en woorde;
  • elkeen moet verantwoordelikheid neem vir sy of haar eie gesondheid en nie probeer om die verantworodelikheid op iemand anders te laai nie – die geneeshere is slegs daar om jou te help in jou eie reis na gesondheid en kan nie daarvoor verantwoordelik gemaak word nie.

Daar is nie ‘n kortpad nie!  Daar is geen wonderpil vir genesing nie!

Om prakties te raak:  wanneer jy ‘n akute en dringende probleem het, gee dadelik aandag aan daardie simptome wat die lewe baie moeilik of ondraagbaar maak en gebruik die nodige medikasie slegs om dit so vinnig moontlik te verlig.  Indien nodig, maak jou mediese dokter jou spanmaat en leer uit sy/haar kennis en wysheid.  Maak self jou keuses.  Moenie voorskrifte aanvaar sonder om te weet wat die newe-effekte is nie.  Probeer dan uitvind wat die wortel van die probleem is en verander onmiddelik jou lewensstyl of omstandighede wat die siekte tot gevolg gehad het.

Indien jy ‘n kroniese probleem het, moenie medisyne as die oplossing beskou nie; om die waarheid te sê, as jy tans medikasie gebruik, neem ‘n besluit om so gou as moontlik daarmee op te hou, indien moontlik – langdurige gebruik is giftig en maak werklike genesing onmoontlik.  Dit is net ‘n radikale lewensstylverandering wat jou kan help.  Indien nodig, maak ‘n holistiese natuurlike geneser jou spanmaat en verkry insette van sy/haar wysheid en kennis of kry behandeling van ‘n praktisyn op die gebied van aanvullende genesing soos ‘n refleksoloog of ‘n masseur.

Who is responsible for you?

People in our society so often think others are responsible for them: the pastor or priest is responsible for their spiritual life and the doctor is responsible for their health.  In practical life I often had the experience that people expected me to solve their problems and then they sat back, waiting to see the results of my efforts!

Fortunately there are people trained and equipped to help in problematic situations.  That is their responsibility: to help. They are, however, not responsible for you and me.

Let us focus on the area of health care.  Those who are the healthiest and who ultimately enjoy the best quality of life are the people who take responsibility for their own health.  You cannot ruin your health by careless living and then, when the diseases come, expect that the doctor must repair all the damage resulting from a shabby lifestyle over many years.

  • The first step in taking responsibility is a decision to care for and better your health from this day on.
  • The second step is to obtain information about your specific needs by reading books or finding information on the internet (not anyone’s ideas, but solid scientific information).
  • The third step is to start changing your lifestyle in the light of the knowledge you have gained:  change your daily program to make room for times of rest, relaxation, meditation and exercise.  Eliminate unnecessary stressors and handle the remaining stress in a correct way.  Give special attention to your diet by eliminating all junk food and eating real nourishing food. Start to drink enough pure water.
  • The fourth step is to attend to all your relationships: bad or broken relationships can be a heavy burden on the health of your body.
  • The fifth step is only necessary when problems crop up in spite of all these adaptations – you invite an expert like a medical doctor, a counselor or a physiotherapist (or any other person that can help in a specific area) to join you as a team and help you.  This person works for you and is being paid for the work.  He or she helps you, but does not take over your responsibility!  This type of teamwork has great benefits:  the expert does not feel the heavy load of total responsibility; you take decisions together and you are willing to give your whole hearted co-operation!

Wie is vir jou verantwoordelik?

In ons samelewing dink mense maklik dat ander vir hulle verantwoordelik is: die predikant of pastoor is verantwoordelik vir hulle geestelike lewe en die dokter vir hulle gesondheid.  In die praktyk het ek dikwels ervaar hoe mense van jou as medemens verwag om hulle probleme op te los en dan terugsit en kyk wat die resultaat is van mý pogings!
Gelukkig is daar mense wat opgelei en toegerus is om mense in hulle probleemsituasies te help.  Hulle verantwoordelikheid is om te help. Hulle is egter nie vir jou en my verantwoordelik nie.

Kyk na die terrein van gesondheid.  Die mense wat die gesondste is en bly en wat uiteindelik die beste lewenskwaliteit geniet, is diegene wat self verantwoordelikheid vir hulle gesondheid neem.  Mens kan nie maar jou liggaam afbreek deur onverskillig te lewe en dan wanneer die siektes kom, verwag dat die dokter al die skade van jare se afskeep moet inhaal nie.

  • Die eerste stap tot verantwoordelikheid is ’n besluit om van nou af jou gesondheid op te pas en te verbeter.
  • Die tweede stap is om kennis in te win oor jou spesifieke behoeftes deur boeke te lees of op internet inligting te soek (nie enige opinie nie maar gegronde, wetenskaplike inligting).
  • Die derde stap is om jou lewenstyl aan te pas in die lig van die kennis wat jy opgedoen het:  nou verander jy jou daaglikse program sodat daar tyd vir rus, ontspanning, stil word en oefening is.  Verder skakel jy enige onnodige stressors uit en begin jy om stres reg te hanteer.  Jy kyk veral na die kos wat jy eet en sorg dat jy gemorskos vermy en genoeg voedingswaarde inkry.  Jy begin genoeg suiwer water drink.
  • Die vierde stap is om na jou verhoudingslewe te kyk: swak of gebroke verhoudings het ’n baie nadelige uitwerking op die liggaam.
  • Die vyfde stap is slegs nodig wanneer daar probleme opduik wat nie reageer op die voorafgaande aanpassings nie – jy nader ’n kundige soos ’n mediese dokter, ’n berader of ’n fisioterapeut (of enige ander persoon wat op ’n bepaalde terrein hulp kan verskaf) om deel te word van jou span en te kom help.  Hierdie persoon werk vir jóú en word daarvoor betaal.  So iemand gee hulp maar neem nie jou verantwoordelikheid oor nie!  Sulke spanwerk het goeie resultate: die betrokke kundige voel nie oorlaai nie; julle neem saam besluite en jy is gewillig om jou heelhartige samewerking te gee!

World view: Hidden part of our innermost being

What is a world view?
We are born into a community and brought up in the thought patterns found in that community.  Most people are never aware of the influence of this basic structure of thought: it acts as a box in which everything we know and experience fits.  It can also be compared to coloured glasses through which we look and interpret what we experience and see.  This is our worldview: a philosophical framework which cannot be proven but which binds us and inhibits our interpretation in order to keep it inside the box.  In a certain sense the world view acts as a comfort zone because we can interpret our world and all that is happening. Understanding brings security – something we all need and cherish.

Western world view
In the Western world the influence of the Greek philosophers like Plato and Aristoteles is still ruling our world view.  Amongst others, the idea of a dualism between material and spiritual is one of the most basic tenets of our world view.  When we look at the eastern countries we find a different approach: there is a strong tendency to see the whole of reality as a unity.  To them the whole world is one and there is no strong separation of the so-called material and spiritual aspects.

A shift in world view
In our time the most influencial change affecting the thought pattern of people in western countries is the shift from dualism to holism.  There is a distinct attractiveness in the eastern philosophies because they have so many practical effects on everyday life.  Buddhism influences for example cosmology, the theoretical science about the cosmos (the works of Fritjof Capra).  It influences people’s view of nature and by implication, the green movement.  It also influences our view of man and healthy living; the idea of mind-body as ’n unity which cannot be separated is growing stronger and is affecting the science of healing.  The excellent scientific research of Candace Pert is an example.  The New Age Movement is to a great extent built on eastern philosophy.

Contrary to general belief, the Christian Bible is not a western book but it originated in the Middle East with typical eastern thought patterns, as will be discussed in a follow-up aticle.

Waarheid en gesondheid

Waarheid gemeng met subjektiewe idees
Deur die eeue het mense probeer om die liggaam en gesondheid beter te verstaan: mense het uit ervaring geleer wat help en wat gevaarlik is.  Die kennis is van geslag tot geslag oorgedra en so het al die primitiewe volke oorleef.  Hierdie kennis was egter nie altyd op die waarheid gegrond nie maar was, soos by die “boererate”,  ‘n mengsel van waarheid en ‘n klomp bygeloof.
Deur die eeue was daar ook ‘n wetenskaplike soeke na kennis oor die mens, siekte en gesondheid.  Daar was geweldige vordering met wonderlike resultate.  Die lewenskwaliteit en lewensverwagting van die moderne mens het drasties verbeter.

Wetenskaplikes se werk is egter beperk: vanweë die enorme groot veld kan elkeen slegs op een of ‘n paar terreine van navor

Two Trees

From our own experience we know that Scripture is true when it says that all have sinned and fall short of the glory of God (Romans 3: 23).  That means that we are all under condemnation because of a broken relationship to God our Creator and can’t save ourselves from the results and the penalty of our sins.  Only one man is different – Jesus Christ.  When He was on earth, He was without any sin, the perfect, obedient Son of God.  Now He lives his resurrected and perfect human life in God’s presence.

Those who are united to Jesus through the regenerating work of the Holy Spirit, have the life of this perfect human person planted in them.  This new life (also called the Spirit of Jesus) competes with the old sinful nature and leads the individual to crucify it; the child of God makes a deliberate choice to honour and obey the Lord Jesus and to stop ruling his/her own life.  Jesus the Saviour is also Jesus the King.

According to Jesus in Matthew 5: 12 there are two types of people: those who are part of the good tree bearing only good fruit (the Jesus-tree) and those who are part of the bad tree that bears only bad fruit (the Adam-tree).  In essence, sin is hostility against God; it is the life directed away from God to self.  Sin is a broken relationship between man and God; sins are the fruit of this attitude – the thoughts, the words and deeds that shows mankind’s self-deification.

In this sense the person changed by the Spirit of God does not sin anymore (1 John 3: 9); his or her attitude is neither enmity nor self-idolatry.  The true christian does however, still commit sins of disobedience against God, especially sins of omission (1 John 2: 1).  Although it is still dishonouring to God, it comes from the heart of a weak but growing child.  God knows that we long to be perfect, but cannot yet attain it.

On the other hand, when the Spirit of Christ lives in a believer, there can’t be continuing indifference to God and to obedience – at some stage there will be an awareness of sin and a return to the Father.  The more we come to realise how great and wonderful our God is – how glorious his majesty is, the more we become obedient and refrain from that which we know is not according to his will.

Truth and Health

Truth mixed with subjective ideas
Through the ages people tried to understand the body and health: from experience people learnt what was beneficial and what was dangerous. This knowledge was passed on from one generation to the next and so all the primitive peoples survived.  This knowledge, however, was not always grounded in the truth but also included a lot of superstition.
Through centuries there was also a scientific search for knowledge about the human body, sickness and health.  Humanity witnessed enormous progress and wonderful results.  Quality of life and life expectancy of modern man have improved drastically.

The work of a scientist is limited: there is such an enormous  large field to explore and each scientist can only manage one or a few aspects of research.
Unproven Scientific theories serving as basis for research also play an important role.  There are different theories which lead to different viewpoints amongst scientists – this is part of the scientific method and is not negative in itself.  Thus we also find a mixture of truth (often onesided) and unproven theories in the medical and related fields.

Truth and money

Industry and business play a larger growing role in research: companies sponsor research but that usually results in a clash of interests.  The pharmaceutical industry keeps millions of people going financially through salaries and dividends on stocks but on the other hand many thousands are sick and many die as a result of using their products.   The hands of governments are sometimes tied when trying to protect the citizens because some industries keep politicians in power through their underhanded financial support.

The power of the media has also increased dramatically.  Advertisements are used in such a way that you do not realise that you are bamboozled.  The smear campaigns of the media to break the influence of certain individuals or products or to popularise others, must not be underestimated – all under the guise of “science”!

Where is truth found?

The public is becoming suspicious – who should we trust?  There are still many honest and capable researchers; there are still many  honest medical doctors and pharmacists – although they can also be misled.  There is only óne possibility:  look for information from capable, qualified people that supply it without financial gain.  Don’t be gullible; think for yourself and take responsibility for your own life and health.

Stagnasie in die geloofsgesin

‘n Geloofsgesin wat ontrou raak aan sy bestaansdoel, stagneer.  Die bestaansdoel van die geloofsgesin word duidelik in die gesinsverklaring verwoord, naamlik dat ons aan mekaar verbind is
” … om Hom te loof en te eer;
om mekaar onselfsugtig te dien;
en om in gehoorsaamheid aan Hom sy beeld verder uit te dra, sodat ander Hom as Vader kan leer ken.”

Drie probleemareas
Wanneer ons stagnasie in die geloofsgesin beleef, lê die probleem by een of meer van hierdie drie elemente.  Kom ons kyk kortliks daarna.

  • Eerstens kan dit in die geloofsgesin gebeur dat Jesus nie meer as die middelpunt van die geloofsgesin en lede se lewens geëer word nie.  Dit gaan dus nie meer oor die lof en eer van God nie.  Wanneer dit gebeur, het ons verval in ‘n vormgodsdiens wat leeg en betekenisloos is.  Die fokus verskuif algaande wég van Jesus na  gewone mense.  Ons begin dit van ménse verwag om van die verhoudingservaring ‘n sukses te maak.  Hierdie klemverskuiwing word veral sigbaar in ‘n vervlakking in die geloofsgesin se gebede.  Biddeloosheid is ‘n teken daarvan dat mense dink hulle het die Here nie meer nodig nie.  Hulle kan nou op hulle eie talente, vermoëns en persoonlikhede staatmaak om die geloofsgesin te laat groei.
  • Dit gebeur egter ook dat lede van die geloofsgesin net na hulself omsien, terwyl hulle hul in die gesinsverklaring daaraan wy om mekaar te dien.  Hierdie mense raak nukkerig en gefrustreerd as húlle belange nie in die geloofsgesin voorop gestel word nie.  Hier is dit belangrik dat die herder sal aanhou om ‘n dienskneg-leier te wees, soos Jesus ons geleer het.  Sommige herders mag die geloofsgesin opeis vir eie eer en besit.  So ‘n geloofsgesin sal moeilik diens-aan-mekaar aanleer en waarskynlik stagneer.
  • Derdens gebeur dit baie maklik dat ons  vergeet dat ons doel op aarde is om die liefde van Jesus aan ‘n verloregaande wêreld te vertoon.  Die simptome is opvallend.  Hierdie geloofsgesin is voortdurend gerig op die bevrediging van hulle eie grille, is kieskeurig oor wie mag inskakel, en vertoon heelwat weerstand teen vermenigvuldiging.  In plaas daarvan om na buite te leef, mense in te trek en dan te vermenigvuldig, is hulle doodgelukkig om dieselfde groepie te bly. Hierdie is niks anders as ongehoorsaamheid aan die Here se opdrag in Matteus 28: 18 tot 20 nie.  Die uiteinde van hierdie selgemeente is stagnasie.

Ander simptome

Daar is nog ander simptome van ‘n stagnante geloofsgesin wat ook opgenoem kan word. Die geloofsgesin word byeenkoms-gerig en die geestelike familiebande word afgeskeep omdat dit opoffering vra.  Die geloofsgesin se
byeenkomste raak toenemend ‘n formele program.  Hulle wil net die “sakelys” so gou moontlik afhandel, sodat hulle kan verdaag. Daar is min of geen sensitiwiteit vir die leiding van die Heilige Gees en mense se behoeftes nie.  Konflik word vermy of nie met ‘n gesindheid van liefde en nederigheid hanteer as ‘n groeigeleentheid nie.  Leierskap word weer heerskappy in plaas van liefdesdiens.

Indien jy dalk van hierdie simptome in julle geloofsgesin herken, moet jy let op die gevaarligte.  Hoe voorkom ‘n mens stagnasie? Dit beteken eenvoudig dat die geloofsgesin moet ontwikkel in lyn met sy gesinsverklaring.  Gesels dus gereeld oor hierdie verklaring, sodat almal dit verstaan en moedig mekaar aan om dit te leef.  Waar selfsugtige motiewe kop uitsteek, moet dit aangespreek word.  En onthou, die Heilige Gees is die Gees van lewe.  Waar sy leiding gehoorsaam gevolg word, sál ‘n selgemeente nooit stagneer nie.

Tobie van Schoor  ( Uit “Ter Sprake” )  Aangepas.

Die rol van die predikant

Oorspronklik: “Die rol van die predikant in ‘n gemeente wat ‘n verhoudingskerk word”

1.    Die predikant moet ‘n duidelike visie hê van die Here se doel met die gemeente en moet dus weet waarheen om medegelowiges te begelei.  Hy moet biddend die Heilige Gees se leiding soek en volg in die stelselmatige infasering van die nuwe visie.
2.     Sodra hy met ‘n geloofsgesin begin, fokus hy op verhoudings:

  • hy begin self om innige verhoudings te bou met die gesinne in die geloofsgesin sodat hulle as ‘n geestelike familie kan funksioneer
  • hy doen in hierdie gemeenskap totaal afstand van sy titel aangesien daar in ‘n huisgesin geen titels onder broers en susters gebruik word nie
  • hy leer om soos ‘n gewone mens saam met die ander te leef.  Hy moet sy behoeftes en probleme algaande aan die ander bekend maak sodat hulle hom en sy huisgesin ook kan ondersteun en opbou.

3.     Terselfdertyd modeleer hy as herder van die eerste geloofsgesin ‘n nuwe soort leierskap.  Hy soek na geleenthede om sy medegelowiges in die geloofsgesin te dien en hy bid getrou vir elke persoon, groot en klein, by die naam.  As voorbeeld vir die ander, maak hy vriende met ‘n ongelowige gesin of mense met ‘n vreemde of heidense godsdiens.  Hy poog om die liefde van Christus uit te leef na hierdie mense toe en wanneer daar ‘n goeie geleentheid kom, vertel hy van sy Verlosser en sy liefde.
4.     Die eise van die nuwe struktuur:

  • Om hierdie rol te modeleer, sal ektra tyd van die predikant vra.  Waar sal dit vandaan kom?  Elke predikant weet wat dit is om gedurig met skuldgevoelens te worstel aangesien daar altyd meer te doen is as wat menslik moontlik is.  Een van die grootste foute wat ‘n predikant kan maak, is om aan al die menslike verwagtings te probeer voldoen en sy verhouding met die Here en sy huisgesin af te skeep.  Die verwagtinge van kerklidmate is deur die tradisie gevorm en is selde in ooreenstemming met die wil van die Here.
  • In tydsbeplanning gaan dit om prioriteite: wat regtig belangrik is, kom altyd eerste.  Wat Christus in sy gemeente gedoen wil hê, is altyd prioriteit nommer een!  Die vorming van die eerste geloofsgesin en die in-diens-opleiding van die herder is van allergrootste belang vir die toekoms van die verhoudingstruktuur.  Hierdie gelowiges is ook die geestelike huisgesin van die predikant en sy gesin – daar moet tyd aan afgestaan word.
  • In die beplanning van die weeklikse program behoort spesifieke tyd vir die opbou van geloofsgesinne opsy gesit te word.  Dit word ‘n belangrike afspraak soos wat ‘n vergadering een is.  Elke Donderdag tussen 19:30 en 22:00 kan byvoorbeeld hiervoor gebruik word.
  • Namate die verhoudingstruktuur groei, behoort die predikant ‘n al-groter-wordende snit van sy tyd aan die nuwe struktuur af te staan.  Die tradisionele struktuur kan nie verwaarloos word nie, maar dit is belangrik dat alle onnodige dinge wat tyd opslurp, uitgesny moet word.

5.     Die voordele van die nuwe struktuur:

  • Vir die eerste keer is daar nou ‘n ondersteuningstruktuur vir die predikant en sy gesin.  Omdat die geloofsgesin as ‘n huisgesin funksioneer, leef daar ‘n paar gesinne met die predikant en sy gesin saam en hulle kan as gewone mense aanvaar en met gebed en bemoediging – en selfs vermaning – ondersteun word.
  • Die geloofsgesin bied ruimte vir geloofsgroei.  Die predikant leer ook uit die ander gelowiges se ervarings en uit hulle gawes wat hulle van die Heilige Gees ontvang het.  Hy kan nou vry word van die bomenslike verwagtings rondom die predikant en weer soos ‘n gewone feilbare mens tussen ander mense lewe.
  • Die onderlinge pastoraat wat in die geloofsgesin plaasvind, bring met die loop van tyd ‘n verligting in die taak van die predikant.  Wanneer daar baie geloofsgesinne tot stand gekom het, is daar soveel onderlinge ondersteuning dat die predikant nie meer gesien word as die algemene sieketrooster nie.  Nou kan hy almeer doen waarvoor hy opgelei is – die hantering van gevalle wat nie deur die geloofsgesinne hanteer kan word nie.
  • In die verhoudingskerk is daar ‘n ingeboude stelsel van kontrole wat uitstekend werk.  Dit is nie kontrole van bo af asof die predikant of die kerkraad in beheer moet wees nie maar liefdeskontrole van mense met herdersharte wat die gelowiges ondersteun.  Hulle is volledig op hoogte van alles wat aan die gang is omdat daar sulke intense persoonlike verhoudingstrukture is.
  • In plaas van die domineeskerk waar een persoon betaal word om al die werk te doen, bring hierdie visie ‘n magdom van medewerkers.  Alle gelowiges en kinders in geloofsgesin sien hulself as betrokke in die koms van die koninkryk.

6.     Probleemareas:

  • Netsoos die lidmate, is talle predikante beïnvloed deur ‘n kerkbegrip met Roomse trekke en hulle kom moeilik daaruit.  Afgesien daarvan dat hulle op hoogte moet kom van die nuutste navorsing in die teologie, moet hulle ook ‘n paradigma-skuif (verandering in perspektief) ondergaan en dit neem tyd.
  • Sommige gemeentelede se verwagtings van die predikant is deur die kultuur bepaal en kom nie uit die Bybel nie.  Dit bring konflik wanneer die kerkraad Bybelse beginsels wil toepas.
  • Die predikant is dikwels bang dat hy die koninkryk skade sal aandoen indien hy nie mense tevrede stel nie – onthou dat hy nooit almal tevrede kan stel nie want daar is meer as een sentiment onder die lidmate.
  • Predikante is soms bang dat die mense sy menslikheid en swakhede sal sien.  Dit bring die vrees dat dit sy invloed in die gemeente kan wegneem.
  • Sommige predikante worstel met persoonlikheidsprobleme soos ‘n swak selfbeeld.  Die gesagsposisie van die tradisionele predikantsamp was ‘n beskermende faktor wat in die moderne samelewing wegval.  Die “gesagsposisie” word met die koms van die nuwe struktuur verder afgebreek.