Truth and Health

Truth mixed with subjective ideas
Through the ages people tried to understand the body and health: from experience people learnt what was beneficial and what was dangerous. This knowledge was passed on from one generation to the next and so all the primitive peoples survived.  This knowledge, however, was not always grounded in the truth but also included a lot of superstition.
Through centuries there was also a scientific search for knowledge about the human body, sickness and health.  Humanity witnessed enormous progress and wonderful results.  Quality of life and life expectancy of modern man have improved drastically.

The work of a scientist is limited: there is such an enormous  large field to explore and each scientist can only manage one or a few aspects of research.
Unproven Scientific theories serving as basis for research also play an important role.  There are different theories which lead to different viewpoints amongst scientists – this is part of the scientific method and is not negative in itself.  Thus we also find a mixture of truth (often onesided) and unproven theories in the medical and related fields.

Truth and money

Industry and business play a larger growing role in research: companies sponsor research but that usually results in a clash of interests.  The pharmaceutical industry keeps millions of people going financially through salaries and dividends on stocks but on the other hand many thousands are sick and many die as a result of using their products.   The hands of governments are sometimes tied when trying to protect the citizens because some industries keep politicians in power through their underhanded financial support.

The power of the media has also increased dramatically.  Advertisements are used in such a way that you do not realise that you are bamboozled.  The smear campaigns of the media to break the influence of certain individuals or products or to popularise others, must not be underestimated – all under the guise of “science”!

Where is truth found?

The public is becoming suspicious – who should we trust?  There are still many honest and capable researchers; there are still many  honest medical doctors and pharmacists – although they can also be misled.  There is only óne possibility:  look for information from capable, qualified people that supply it without financial gain.  Don’t be gullible; think for yourself and take responsibility for your own life and health.

Stagnasie in die geloofsgesin

‘n Geloofsgesin wat ontrou raak aan sy bestaansdoel, stagneer.  Die bestaansdoel van die geloofsgesin word duidelik in die gesinsverklaring verwoord, naamlik dat ons aan mekaar verbind is
” … om Hom te loof en te eer;
om mekaar onselfsugtig te dien;
en om in gehoorsaamheid aan Hom sy beeld verder uit te dra, sodat ander Hom as Vader kan leer ken.”

Drie probleemareas
Wanneer ons stagnasie in die geloofsgesin beleef, lê die probleem by een of meer van hierdie drie elemente.  Kom ons kyk kortliks daarna.

  • Eerstens kan dit in die geloofsgesin gebeur dat Jesus nie meer as die middelpunt van die geloofsgesin en lede se lewens geëer word nie.  Dit gaan dus nie meer oor die lof en eer van God nie.  Wanneer dit gebeur, het ons verval in ‘n vormgodsdiens wat leeg en betekenisloos is.  Die fokus verskuif algaande wég van Jesus na  gewone mense.  Ons begin dit van ménse verwag om van die verhoudingservaring ‘n sukses te maak.  Hierdie klemverskuiwing word veral sigbaar in ‘n vervlakking in die geloofsgesin se gebede.  Biddeloosheid is ‘n teken daarvan dat mense dink hulle het die Here nie meer nodig nie.  Hulle kan nou op hulle eie talente, vermoëns en persoonlikhede staatmaak om die geloofsgesin te laat groei.
  • Dit gebeur egter ook dat lede van die geloofsgesin net na hulself omsien, terwyl hulle hul in die gesinsverklaring daaraan wy om mekaar te dien.  Hierdie mense raak nukkerig en gefrustreerd as húlle belange nie in die geloofsgesin voorop gestel word nie.  Hier is dit belangrik dat die herder sal aanhou om ‘n dienskneg-leier te wees, soos Jesus ons geleer het.  Sommige herders mag die geloofsgesin opeis vir eie eer en besit.  So ‘n geloofsgesin sal moeilik diens-aan-mekaar aanleer en waarskynlik stagneer.
  • Derdens gebeur dit baie maklik dat ons  vergeet dat ons doel op aarde is om die liefde van Jesus aan ‘n verloregaande wêreld te vertoon.  Die simptome is opvallend.  Hierdie geloofsgesin is voortdurend gerig op die bevrediging van hulle eie grille, is kieskeurig oor wie mag inskakel, en vertoon heelwat weerstand teen vermenigvuldiging.  In plaas daarvan om na buite te leef, mense in te trek en dan te vermenigvuldig, is hulle doodgelukkig om dieselfde groepie te bly. Hierdie is niks anders as ongehoorsaamheid aan die Here se opdrag in Matteus 28: 18 tot 20 nie.  Die uiteinde van hierdie selgemeente is stagnasie.

Ander simptome

Daar is nog ander simptome van ‘n stagnante geloofsgesin wat ook opgenoem kan word. Die geloofsgesin word byeenkoms-gerig en die geestelike familiebande word afgeskeep omdat dit opoffering vra.  Die geloofsgesin se
byeenkomste raak toenemend ‘n formele program.  Hulle wil net die “sakelys” so gou moontlik afhandel, sodat hulle kan verdaag. Daar is min of geen sensitiwiteit vir die leiding van die Heilige Gees en mense se behoeftes nie.  Konflik word vermy of nie met ‘n gesindheid van liefde en nederigheid hanteer as ‘n groeigeleentheid nie.  Leierskap word weer heerskappy in plaas van liefdesdiens.

Indien jy dalk van hierdie simptome in julle geloofsgesin herken, moet jy let op die gevaarligte.  Hoe voorkom ‘n mens stagnasie? Dit beteken eenvoudig dat die geloofsgesin moet ontwikkel in lyn met sy gesinsverklaring.  Gesels dus gereeld oor hierdie verklaring, sodat almal dit verstaan en moedig mekaar aan om dit te leef.  Waar selfsugtige motiewe kop uitsteek, moet dit aangespreek word.  En onthou, die Heilige Gees is die Gees van lewe.  Waar sy leiding gehoorsaam gevolg word, sál ‘n selgemeente nooit stagneer nie.

Tobie van Schoor  ( Uit “Ter Sprake” )  Aangepas.

Die rol van die predikant

Oorspronklik: “Die rol van die predikant in ‘n gemeente wat ‘n verhoudingskerk word”

1.    Die predikant moet ‘n duidelike visie hê van die Here se doel met die gemeente en moet dus weet waarheen om medegelowiges te begelei.  Hy moet biddend die Heilige Gees se leiding soek en volg in die stelselmatige infasering van die nuwe visie.
2.     Sodra hy met ‘n geloofsgesin begin, fokus hy op verhoudings:

  • hy begin self om innige verhoudings te bou met die gesinne in die geloofsgesin sodat hulle as ‘n geestelike familie kan funksioneer
  • hy doen in hierdie gemeenskap totaal afstand van sy titel aangesien daar in ‘n huisgesin geen titels onder broers en susters gebruik word nie
  • hy leer om soos ‘n gewone mens saam met die ander te leef.  Hy moet sy behoeftes en probleme algaande aan die ander bekend maak sodat hulle hom en sy huisgesin ook kan ondersteun en opbou.

3.     Terselfdertyd modeleer hy as herder van die eerste geloofsgesin ‘n nuwe soort leierskap.  Hy soek na geleenthede om sy medegelowiges in die geloofsgesin te dien en hy bid getrou vir elke persoon, groot en klein, by die naam.  As voorbeeld vir die ander, maak hy vriende met ‘n ongelowige gesin of mense met ‘n vreemde of heidense godsdiens.  Hy poog om die liefde van Christus uit te leef na hierdie mense toe en wanneer daar ‘n goeie geleentheid kom, vertel hy van sy Verlosser en sy liefde.
4.     Die eise van die nuwe struktuur:

  • Om hierdie rol te modeleer, sal ektra tyd van die predikant vra.  Waar sal dit vandaan kom?  Elke predikant weet wat dit is om gedurig met skuldgevoelens te worstel aangesien daar altyd meer te doen is as wat menslik moontlik is.  Een van die grootste foute wat ‘n predikant kan maak, is om aan al die menslike verwagtings te probeer voldoen en sy verhouding met die Here en sy huisgesin af te skeep.  Die verwagtinge van kerklidmate is deur die tradisie gevorm en is selde in ooreenstemming met die wil van die Here.
  • In tydsbeplanning gaan dit om prioriteite: wat regtig belangrik is, kom altyd eerste.  Wat Christus in sy gemeente gedoen wil hê, is altyd prioriteit nommer een!  Die vorming van die eerste geloofsgesin en die in-diens-opleiding van die herder is van allergrootste belang vir die toekoms van die verhoudingstruktuur.  Hierdie gelowiges is ook die geestelike huisgesin van die predikant en sy gesin – daar moet tyd aan afgestaan word.
  • In die beplanning van die weeklikse program behoort spesifieke tyd vir die opbou van geloofsgesinne opsy gesit te word.  Dit word ‘n belangrike afspraak soos wat ‘n vergadering een is.  Elke Donderdag tussen 19:30 en 22:00 kan byvoorbeeld hiervoor gebruik word.
  • Namate die verhoudingstruktuur groei, behoort die predikant ‘n al-groter-wordende snit van sy tyd aan die nuwe struktuur af te staan.  Die tradisionele struktuur kan nie verwaarloos word nie, maar dit is belangrik dat alle onnodige dinge wat tyd opslurp, uitgesny moet word.

5.     Die voordele van die nuwe struktuur:

  • Vir die eerste keer is daar nou ‘n ondersteuningstruktuur vir die predikant en sy gesin.  Omdat die geloofsgesin as ‘n huisgesin funksioneer, leef daar ‘n paar gesinne met die predikant en sy gesin saam en hulle kan as gewone mense aanvaar en met gebed en bemoediging – en selfs vermaning – ondersteun word.
  • Die geloofsgesin bied ruimte vir geloofsgroei.  Die predikant leer ook uit die ander gelowiges se ervarings en uit hulle gawes wat hulle van die Heilige Gees ontvang het.  Hy kan nou vry word van die bomenslike verwagtings rondom die predikant en weer soos ‘n gewone feilbare mens tussen ander mense lewe.
  • Die onderlinge pastoraat wat in die geloofsgesin plaasvind, bring met die loop van tyd ‘n verligting in die taak van die predikant.  Wanneer daar baie geloofsgesinne tot stand gekom het, is daar soveel onderlinge ondersteuning dat die predikant nie meer gesien word as die algemene sieketrooster nie.  Nou kan hy almeer doen waarvoor hy opgelei is – die hantering van gevalle wat nie deur die geloofsgesinne hanteer kan word nie.
  • In die verhoudingskerk is daar ‘n ingeboude stelsel van kontrole wat uitstekend werk.  Dit is nie kontrole van bo af asof die predikant of die kerkraad in beheer moet wees nie maar liefdeskontrole van mense met herdersharte wat die gelowiges ondersteun.  Hulle is volledig op hoogte van alles wat aan die gang is omdat daar sulke intense persoonlike verhoudingstrukture is.
  • In plaas van die domineeskerk waar een persoon betaal word om al die werk te doen, bring hierdie visie ‘n magdom van medewerkers.  Alle gelowiges en kinders in geloofsgesin sien hulself as betrokke in die koms van die koninkryk.

6.     Probleemareas:

  • Netsoos die lidmate, is talle predikante beïnvloed deur ‘n kerkbegrip met Roomse trekke en hulle kom moeilik daaruit.  Afgesien daarvan dat hulle op hoogte moet kom van die nuutste navorsing in die teologie, moet hulle ook ‘n paradigma-skuif (verandering in perspektief) ondergaan en dit neem tyd.
  • Sommige gemeentelede se verwagtings van die predikant is deur die kultuur bepaal en kom nie uit die Bybel nie.  Dit bring konflik wanneer die kerkraad Bybelse beginsels wil toepas.
  • Die predikant is dikwels bang dat hy die koninkryk skade sal aandoen indien hy nie mense tevrede stel nie – onthou dat hy nooit almal tevrede kan stel nie want daar is meer as een sentiment onder die lidmate.
  • Predikante is soms bang dat die mense sy menslikheid en swakhede sal sien.  Dit bring die vrees dat dit sy invloed in die gemeente kan wegneem.
  • Sommige predikante worstel met persoonlikheidsprobleme soos ‘n swak selfbeeld.  Die gesagsposisie van die tradisionele predikantsamp was ‘n beskermende faktor wat in die moderne samelewing wegval.  Die “gesagsposisie” word met die koms van die nuwe struktuur verder afgebreek.

Perfectly Pure

There are many misunderstandings about “sin”.  According to the Bible we must distinguish between a broken relationship with God and a hostile attitude towards Him on the one hand and that which is wrong in God’s eyes, the sins as well as the guilt of those sins on the other hand.  It is like the difference between the fountain as the source and the brackish water flowing from it.

The miracle of redemption consists mainly of two important aspects:

  • through his death Jesus atoned for all the sins and the sinfulness of humanity; He paid the full penalty of our guilt before God by giving his life;  God has cleared our past!
  • through his resurrection Jesus has acquired a new and eternal life;  he returned as the Spirit on Pentecost and now He gives this new life to everyone that believes (trusts) in Him.  A true follower of Christ is someone that is spiritually united to Jesus Christ;  that makes him/her part of the new humanity, which Christ called “the good tree”  – people growing into the likeness of Jesus (Matthew 7: 17).  God has given us a new future!

According to Scripture, God has forgiven those who belong to Him all their sins on the ground of what Jesus did (Colossians 2: 13).  This is a statement that covers all our sins of the past and of the future.  Our enemy, Satan, is a liar – he comes to us with photo copies of our crime reports (which had been completely destroyed by God – Colossians 2: 14) and accuses us. God does not accuse us; He has removed our sins from us as far as the west is from the east (Psalm 103: 12).

We do not receive forgiveness of sins because we have confessed it.  Those who belong to God have already received all forgiveness in Jesus but we experience that forgiveness every time we are made aware of our sins by the Holy Spirit and confess it to God and to our fellow believers in whom we trust – then we walk in the light (1 John 1: 7).

If someone claims to be a follower of Christ but does not grow in a personal relationship with the Master and in a Christ-like lifestyle, that person is not part of the good tree and is deceiving him- or herself.

The “magic bullet”

The modern world is known for its materialistic evaluation of time: “time is money”.  This has had a great impact on the tempo of everyday life – everything must be done in haste to eliminate waste of time.  Shortcuts are improvised for every aspect.
When ill, people visit doctors who prescribe quick acting medicines that help to alleviate the symptoms – no time can be wasted.

On top of that, people do not want to experience any inconvenience or unnecessary pain.  Pharmaceutical and medical research are frantically looking for magic bullets amongst others to cure the major threats like cancer, diabetes and heart attacks.

The good news is that many very effective medicines have been produced during the last century – a lot of pain and suffering have been alleviated for which we can only be grateful.  It is, for example, unthinkable for me to have a tooth extracted without modern drugs and pain killers.

The bad news is that all these quick fixes do not heal, but only alleviate symptoms.  It is only the inherent healing power of the body with which we have been created that can bring about real healing.  Many medicines have dangerous side effects and should only be used in critical situations and only fort a limited time.  Instead of healing the body, medicines can place a greater burden on the body which is a hindrance to healing; we must realise that most medicines are chemicals which are foreign elements in the body.

How can we experience real healing?  First of all, general perceptions need to be changed.  We must know:

  • it is not a body that needs healing, but a person – there needs to be a holistic approach;
  • nobody can really be healthy in all aspects of life because that would imply perfection;
  • healing is in effect a life-long process which will never end but can lead to an enormous growth in quality of life;
  • healing of specific physical problems takes time because the body must repair itself and form trillions of new cells.  To do that it needs to be supplied with the best of raw materials like fresh air, pure water, nourishing food and a positive attitude with positive thoughts and spoken words;
  • everybody must take responsibility for their own health and not try to shift that responsibility to someone else – the health professionals are only there to help you in your own journey to health and cannot be held responsible.

There is no short cut!  There is no magic bullet for healing!

To be practical:  when you have an acute and pressing health problem, give immediate attention to those symptoms that make life unbearable and use the necessary medicines only to stop using them as soon as possible.  If necessary, make the medical practitioner your team mate and get an input from his/her wisdom.  Make the decisions yourself.  Do not accept prescriptions for medicines without knowing what the side affects are.  Then try to find the root of the problem and immediately change your lifestyle or situation that might have caused the illness.

When you have a chronic problem, do not see medicines as a solution; in fact, if your are using any, make a decision to put them away as soon as you can, if possible – long time use is poisonous to your body and is making real healing impossible.  Only a radical lifestyle change can really help you.  If necessary, make a holistic health practitioner your team mate and get an input from his/her wisdom or get a treatment from another practitioner in the health field like a reflexologist or a massage therapist.

Kerkeenheid

As ons kan wegbeweeg van die idee dat die kerk ‘n organisasie soos ’n sosiale klub is, sal die eenheid van die kerk makliker tot uiting kan kom.  Mense word normaalweg deur sekere intellektuele, sosiale en kulturele aspekte in groepe verdeel. Dit is vanselfsprekend dat hierdie aspekte ook verdelend sal inwerk op die kerklike lewe indien die kerk as ‘n organisasie beskou word.

Jesus is die Hoof van die een liggaam.  Hierdie liggaam is heel eerste ‘n liefdesgemeenskap soos ‘n huisgesin.  In so ‘n gemeenskap is dit nie nodig om oor alles saam te stem nie.  Solank elkeen uit die Vader gebore is en aan Hom verbonde lewe, is daar eenheid. Daar word te min onderskeid getref tussen die Bybelse opdrag tot eensgesindheid aan die een kant en eenstemmigheid aan die ander kant.  Dit gaan eerstens oor in Wie ons glo en dan eers oor wát ons glo.

Die beginpunt van hierdie eenheid is te vinde in die nabye liefdesgemeenskap.  In die samestelling van die geloofsgesin behoort daar geen grense te wees wat mense uit hierdie liefdesgemeenskap hou nie behalwe die grens van ‘n verhouding met Jesus. Dit beteken dat kennis, leerstellings, ras, kultuur of wat ookal geen rol mag speel nie.

Die kerk eindig nie by die geloofsgesin nie.  Ook in die groter geloofsgemeenskap is eenheid ‘n eenheid in liefde en nie ‘n eendersheid nie.  Dit is moontlik om nou reeds in ‘n dorp of stad mekaar se hande te vat in ‘n groter geloofsgemeenskap.  Natuurlik praat ons nie van ‘n strukturele eenheid nie maar van ‘n besef dat ons mensgemaakte grense deur liefde oorbrug moet word. Dit beteken nie noodwendig dat kerkgrense afgebreek moet word nie maar dit vra onvoorwaardelike aanvaarding van medegelowiges met wie ons nie normaalweg in ‘n verhouding staan nie.

Natuurlik is hierdie eenheid slegs moontlik rondom die waarheid – maar dan is die Waarheid ten diepste ’n Persoon en nie die wyse waarop óns dinge sien en verstaan nie.  Niemand ken in elk geval die volle waarheid nie; ons kyk maar almal in ‘n spieël, in ‘n raaisel. Ons is geroep om mekaar aan te vul en te dien, nie om mekaar aan te val en teen te werk nie. Afstand maak ons getuienis teenoor mekaar tot niet.

‘n Liefdeseenheid sal die wêreld oortuig!  Kom ons bid en werk daarvoor.  Begin deur as deel van ’n nabye geloofsgemeenskap te lewe en jouself onvoorwaardelik tot beskikking te stel aan die Here met die oog op diens aan medegelowiges aan wie Hy jou verbind!  Dit is “kerk” -  dit is waar die eenheid van die kerk van Jesus begin.

Die siekte: Institusionalisme

Die kerk en institusionalisme
Wanneer die gemeente as “koud” en onpersoonlik beleef word, is die kanse baie goed dat dit ly aan verstarring wat ons “institusionalisme” kan noem.  Institusionalisme is die verstarring en formalisering van die onderlinge verhoudings tussen mense in samelewingstrukture.  Dit beteken in die praktyk dat die klem op die formele organisasie gelê word in plaas van op die mense wat betrokke is.  Kortliks gesê: dit gaan meer oor die houer (die koppie) as oor die inhoud (die tee of koffie).


Altyd by ons

Die neiging om verhoudings te formaliseer is deel van die mens se inherente samestelling; dit gebeur met feitlik alle sosiale strukture in feitlik alle kulture. Meestal begin ‘n samelewingstruktuur met meer informele en persoonlike verhoudings.  Met die tyd word hierdie soepelheid verloor en word die verhoudings geformaliseer – ‘n mens kan sê: van rubber tot sement!  Dit is nie moontlik om hierdie verskynsel te ontvlug nie.  Dit is egter moontlik om dit te verstaan, daarteen te waak en daarteen te werk!
Die invloed van die tydsgees
Die algemene tydsgees het ‘n bepalende invloed op die samelewing.  Volgens die voor-moderne wêreldbeskouing (van die Middeleeue af tot in hierdie eeu) word mense se verhoudings formeel gereël.  Ons ouer geslag het in so ‘n wêreld groot geword en dit het die samelewing en die kerk maklik geformaliseer.  Die modernisme as tydsgees lê die klem op die individu en dit het ook ‘n mate van onderlinge vervreemding na vore gebring.  Dit is veral die na-modernisme wat die klem op tussen-persoonlike verhoudings plaas en wat die formele probeer afbreek.  Die jonger geslag het nie ooghare vir styfheid en onpersoonlikheid nie – hulle soek betekenisvolle verhoudings, ook in die kerk.

Simptome van institusionalisme

Daar is ‘n aantal simptome van institusionalisme in die kerk te sien:

Organisasie
Die kerk word as ‘n organisasie gesien wat net soos ander organisasies gestruktureer moet word.  Dit plaas ‘n klem op reglementering en organisering.  Die kerkraad word geleer om te beplan en te werk soos ‘n sake-onderneming.  Soos in die sakewêreld is daar by baie die gedagte van “hoe groter hoe beter” – dit het die idee van die makrogemeente as ‘n oplossing vir die kerk se probleme bevorder.

Lidmaatskap
Nog ‘n simptoom is dat mense dink dat die kerk as organisasie lede het.  Dit beteken dat mense aan hierdie organisasie kan behoort en dat hulle ‘n sertifikaat kan toon as ‘n bewys van lidmaatskap.  In die praktyk beteken dit dat ‘n mens, afgesien van jou verhouding met God en met medegelowiges, aan ‘n gemeente of kerk kan behoort.  Baie “lidmate” is dus op die boeke maar kruip weg wat die kerklike lewe betref.

Ampte en amptenare
Die Bybelse gedagte dat sommige gelowiges vir die toerusting en ondersteuning van ander gelowiges verantwoordelik is, word in die geïnstitusionaliseerde kerk verander tot leiers wat spesifieke poste beklee.  Dit is veral rondom die amp van die predikant waar dit duidelik sigbaar word: hulle word nie meer gesien as herders wat die kudde moet voed en versorg nie, maar as bestuurders van die gemeente as ‘n organisasie.  Hulle word werknemers van die gemeente in plaas van lede van dieselfde liggaam met ander verantwoordelikhede as die ander ledemate.

Eredienste
Die gemeentelike byeenkomste word geformaliseer: daar is ‘n vaste liturgiese orde waarvan nie afgewyk mag word nie.  Dit gaan nie in die eerste plek oor sinvolle verhoudings nie maar oor vaste rituele.  Mense kan by die rituele betrokke wees sonder om die hart daarin te hê.

Uiterlikhede
Waar institusionalisme die oorhand het, word daar aan uiterlike sake baie aandag gegee.  Kleredrag word dikwels gereglementeer.  Die geboue en ander sigbare dinge kry baie waarde.

Die oorsake

Soeke na sekuriteit
Wanneer mense in die kerk groot word, leer hulle ‘n bepaalde manier van kerkwees aan.  Indien dit nie uitmond in ‘n persoonlike verhouding met God nie, hou hulle maklik aan die uiterlike dop vas.  Omdat die verhouding met God in Christus ‘n lewende verhouding is, is daar groei in die geloofslewe van die enkeling sowel as die gemeenskap van gelowiges.  Hierdie groei bring verandering.  Verandering is ‘n bedreiging vir diegene wat nie saam beweeg nie.  Daar lê ‘n vorm van sekuriteit in dit wat bekend is en daarom haak sommige vas by die uiterlike en bekende in die kerklike lewe.

Verkeerde uitgangspunte
Die kerk moet verstaan word in terme van dit wat vir ons as mense bekend is.  Daarom gebruik die Skrif metafore (beelde) om die onbekende aan die hand van die bekende te verduidelik.  Ongelukkig speel ander beelde wat nie in die Skrif aangetref word nie, ook ‘n rol.  In plaas van die verhoudings-metafore van die Skrif, word onpersoonlike en formele beelde gebruik en mislei dit mense om verkeerd oor die kerk te dink.  Die kerk word dikwels gesien as ‘n organisasie van enersdenkendes, ‘n soort van ‘n klub.  Aan die ander kant word die kerk dikwels ingepas in die beeld van ‘n besigheidsorganisasie.
Wanneer ‘n mens ‘n meer formele uitgangspunt het, word die gegewens van die Skrif ook daarvolgens verklaar.  Dan staan die invloed van die sinagoge (wat ook as ‘n meer formele organisasie verstaan word) sterker en word die kerk as die opvolger van die sinagoge verstaan.  Wanneer, aan die ander kant, die verhoudingstruktuur as uitgangspunt geneem word, staan die verhouding sentraal en word die kerk verstaan as die opvolger van die Joodse huisgesin (wat wel ook deur die sinagoge beïnvloed is).

Die sondige natuur
Die formalistiese benadering maak dit moontlik dat mense aan die kerk kan behoort sonder ‘n lewende verhouding met God.  Dit gee ‘n handige skuifmeul om nie hulle lewens in die hande van God te stel nie.  Die volkskerk het gedy op die akker van die institusionalisme!  Hierdie benadering maak dit ook moontlik dat mense sonder ‘n lewensverhouding met medegelowiges kan wegkom.  Hulle hoef nie betrokke te raak by medegelowiges nie.  Net so kan hulle verantwoordelikheid om in ‘n verhouding met mense buite die geloofsgemeenskap te lewe, ontduik word.  Sodoende word die kerk ‘n leë dop sonder inhoud.

Die genesing

Wees gebalanseerd
In die stryd teen institusionalisme, moet ‘n mens nie reaksionêr wees nie.  Ons moenie bang wees vir formele verhoudings waar dit nodig is nie.  Alle verhoudings kan nie dieselfde wees nie; alle verhoudings kan nie informeel wees nie.

‘n Ander uitgangspunt
In die kerklike lewe kom die groot verandering wanneer ‘n mens ‘n ander uitgangspunt neem.  Dit is nie om dowe neute dat die Skrif praat van die kerk as die “volk van God” of die “nuwe Israel” nie.  Natuurlik is dit ‘n metafoor, maar soos alle metafore sit daar ook ‘n werklikheid in.  Ons is regtig nou ‘n nuwe volk onder die regering van ‘n werklike Koning.  Ons is ook kinders van die Vader.  Hier het ons ook met ‘n beeld te make, wat tegelykertyd ook ‘n werklikheid is:  God is ons Pa soos wat ons ‘n liefdevolle aardse pa het; maar God is ook ons eintlike Pa – ons het ons lewe van Hom af ontvang.
Dit is gevaarlik om die metafore slegs as aanduidings te sien en die kerk dan verder vanuit ons ervaring te verklaar.  As ons nie werklik deel van ‘n volk en ‘n nuwe geestelike huisgesin is nie, as ons nie verskillende grade van verhoudings met ons medegelowiges het nie, sal die institusionalisme onmiddelik sy tol eis.  In die verhouding tussen huisgenote kruip formalisme baie moeiliker in as by ‘n organisasie.

Die sekuriteit van die liefde
Mense wat in geborge liefdevolle verhoudings lewe, het nie ‘n probleem met ‘n gevoel van veiligheid nie.  Gelowiges wat in ‘n lewende verhouding met die Here en met medegelowiges lewe, soek nie vashouplek aan die uiterlike en formele nie.

Gebed en gehoorsaamheid
Institusionalisme word uiteindelik oorwin deur ernstige gebed – gelowiges wat intree vir die gemeente van die Here Jesus.  Daarmee saam ‘n ernstige soeke om gehoorsaam te lewe aan die leiding van die Heilige Gees.  Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid – vryheid om van harte te dien; vryheid van die benepenheid van die institusionalisme.

1999

“Healthy” and “sick”

When is a person really healthy?  And when are you sick?  Although these do not seem to be difficult questions,  it is important to have clarity about these concepts.

The World Health Organization (WHO) says:  “Health is a state of complete physical, mental and social wellbeing and not merely the absence of disease or infirmity”.  When you realise that the human being is an unbreakable unity of mind and body – that it’s not a body becoming ill but a person – it is obvious that disease and health says something about the whole person.  Healing can only be a reality if the whole person becomes healthy.  According to this holistic viewpoint, there are very few people who are completely healthy – have’nt we all one or more emotional, physical or social hangup?

The greatest majority of grownups are ill: either clinically (must have regular treatment or medication) or sub-clinically (latent problems of which people are not even aware).  One writer distinguishes between “illness” and “disease”: the first being a general condition of unwellness that causes specific diseases.

A person becomes aware of unwellness through sickness.  There should not be a negative feeling about dis-ease. It should be accepted with gratitude as a call to give immediate and radical attention to the lifestyle of the person concerned.
We should all aim for perfect wellness.  How does one get there?  Because we live in a fast-forward mode, people are apt to expect quick fixes for their health problems.  The medical practitioner must prescribe medicines that immediately fix everything – and then we forget that most of our problems develop through a long-term lifestyle which was sloppy and even reckless.

There is no quick fix or “magic bullet” in our quest for perfect wellness.  It can be an arduous and long walk – healing is a life-long process through which a person builds himself or herself up and makes provision for optimum environmental factors.  These are clean air, pure water, sunlight, nourishing food, positive thoughts, exercise, a frugal lifestyle, good relationships, a positive  self-image and a depending, trusting relationship with our Creator God – all aspects that definitely ensure growth in health.

“Gesond” en “siek”

Wanneer is ’n mens regtig gesond?  En wanneer is jy siek?  Dit klink nie na moeilike vrae nie – tog is dit  belangrik om duidelikheid daaroor te hê.

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) sê:  “Health is a state of complete physical, mental and social wellbeing and not merely the absence of disease or infirmity”.   Wanneer jy besef dat die mens ’n onverbreekbare eenheid van gees en liggaam is – dat dit nie ‘n liggaam is wat siek word nie maar ‘n mens – is dit vanselfsprekend dat siekte en gesondheid met die volle mens te doen het.  Genesing kan net ’n werklikheid word as die hele mens gesond word.  Volgens hierdie holistiese benadering is min mense volkome gesond – het ons nie maar almal een of meer emosionele, fisiese of sosiale “hangups” nie?

Die meeste volwassenes is fisies siek:  óf klinies (moet gereeld behandeling of medikasie kry) óf sub-klinies (sluimerende probleme waarvan mense soms nie bewus is nie).  Een skrywer maak onderskeid tussen “illness” en “disease”:  eersgenoemde is die algemene toestand van ongesteldheid wat oorsprong gee aan spesifieke siektetoestande.

Siekte is ’n manier waarop die mens bewus gemaak word van ’n onderliggende ongesteldheid.  Dit moet nie negatief beskou word nie maar met dankbaarheid aanvaar word as ’n wekroep om onmiddellike en radikale aandag aan die betrokke persoon se lewenstyl te gee.

Ons behoort te mik na volkome welstand.  Hoe kan ons dit bereik?  Omdat ons in ’n kits-wêreld leef, is mense geneig om kitsoplossings vir hulle gesondheidsprobleme te soek.  Die geneesheer moet medisyne gee wat alles sommer dadelik regmaak – en dan vergeet ons dat meeste van ons probleme deur ’n langdurige swak en selfs onverskillige lewenswyse veroorsaak is.
Om volkome welstand te bereik is daar egter geen kitsantwoord of ’n ”magical bullet” beskikbaar nie.  Daar moet ’n soms moeilike en lang pad gevolg word – genesing is ’n lewenslange proses waardeur die mens homself opbou en van die optimum omgewingsfaktore voorsien.  Sulke faktore is skoon lug, suiwer water, sonlig, voedsame kos, positiewe gedagtepatrone, oefening, ’n sober lewenstyl, goeie menseverhoudings, ’n goeie selfbeeld en ’n afhanklike vertrouensverhouding met God ons Skepper – alles aspekte wat beslis groei in gesondheid verseker.

Geloofsgesin en groei

Die kerk van Jesus Christus dra ‘n lewensveranderende boodskap en het ‘n dinamiek wat dit laat groei.  Mense word deur God se liefde getrek en word verander om draers van die liefde te word waardeur ander mense weer getrek word.  So is groei in getalle ‘n wesenlike kenmerk van die geloofsgemeenskap.  ‘n Geloofsgesin wat nie ‘n getalsgroei beleef nie, kan sy bestaansreg verloor omdat een van die basiese eienskappe van die geloofsgemeenskap nie meer sigbaar is nie.  Dit beteken dat die geloofsgesin in gehoorsaamheid aan die Meester by ander mense betrokke sal raak en dat die Here dit sal gebruik om mense in te trek in die liefdesgemeenskap.

Aspekte van groei
Gebed – Omdat dit Jesus Christus is wat sy kerk laat groei, moet daar altyd in afhanklikheid na Hom opgesien word vir die toevoeging van mense wat Hy in die bepaalde geloofsgemeenskap wil hê.  Die eerste en belangrikste stap vir ‘n geloofsgesin is om opreg en ernstig te bid dat die Heilige Gees mense sal stuur om hierdie geestelike huisgesin aan te vul.  Die tweede stap is om in verwagting uit te sien na die verhoring van die gebed.

Onvoorwaardelike uitreiking
– Die gelowiges van ‘n geloofsgesin moet by mense betrokke raak met die liefde van Christus.  Dit moet egter nooit met ‘n bymotief gedoen word nie.  Ons moenie ‘n verhouding met mense opbou of na hulle uitreik met die doel om hulle in die geloofsgesin in te trek nie.  Die rede is dat Christus se liefde geen bymotiewe het nie.  Hy het onvoorwaardelik liefgehad.  Ons moet as sy verteenwoordigers ook onvoorwaardelik liefhê.  As mense na wie ons uitreik, by die geloofsgesin inskakel, is dit ‘n wonderlike gawe.  As hulle nie inskakel nie, mag ons nie ophou om liefde te betoon in die Naam van Christus nie.

Nooi van mense – Wanneer ‘n geloofsgesin opreg die leiding van die Here soek, sal hulle vind dat mense op ‘n heel natuurlike manier oor hulle pad gelei word.  Indien sulke mense reeds gelowiges is en hulle na ‘n byeenkoms van die geloofsgesin genooi word, kan die Here dit gebruik om nuwe lede by te voeg.  Dit is ook moontlik om mense wat nog nie gelowiges is nie, na die byeenkomste te nooi.  Sulke persone moet altyd welkom wees by die byeenkomste maar hulle is nog nie deel van die geloofsfamilie nie.  Onthou:  die byeenkomste is oop vir enige iemand maar die familiebande is slegs vir mense wat in ‘n verhouding met Jesus lewe.

Mense wat tot geloof kom – Die normale manier hoe mense wat nie die Here persoonlik ken nie, deel word van die geloofsgesin, is deur ‘n geloofsbeslissing.  Wanneer mense deur uitreikings tot ‘n persoonlike toewyding aan Jesus Christus kom, word hulle onmiddelik in die liefdesgemeenskap ingetrek.  Dit is immers waar hulle moet groei in die geloof.

Mense wat hulleself aanmeld – Dit gebeur dikwels dat mense hoor van geloofsgesinne en genoeg belangstel om hulleself aan te meld.  In so ‘n geval is dit belangrik dat persone wat deel is van ‘n geloofsgesin ‘n informele maar indringende gesprek met sulke persone voer.  Daar word duidelik uitgespel dat dit ‘n baie hoë graad van toewyding vra; aan hulle word verduidelik dat die hele gesin inskakel en dat dit lewensgemeenskap tussen mense is wat die hele week duur.  Sulke mense behoort eers ‘n paar maal byeenkomste as kuiergaste by te woon sodat hulle kan seker maak dat dit in hulle smaak val.  Niemand moet gedwing voel om in te skakel of om hulself te verbind nie.

Nuwe intrekkers – dit werk goed om nuwe intrekkers in die gemeenskap met versorgende liefde te verwelkom en indien hulle gelowiges is, hulle gaandeweg op hoogte te bring met die bedieningsfilosofie van nabye geloofsgemeenskappe.  Wanneer die tyd ryp is, word hulle genooi om by ‘n geloofsgesin in te skakel.